Orania Werk en Welstand

Om n bouer te wees is nie maklik nie, die klient kla altyd. Eers is jy te duur, dan vat die werk te lank, soms verander die klient die ontwerp of die kleur en as jy die dag die werk voltooi het is die klient se geld klaar dan wag jy maar. Hier in Orania is dit so een trappie egter. Somer maande werk jy maklik nog tot 40 grade plus in die son en winters moet jy n ding vashou terwyl jou vingers nog gevries is. Maar bou bou ons want ons is trots, trots om Oraniers te wees en ons bou sodat ons vir ons Volk n tuiste kan skep. Baie weet dit maar baie besef dit nog nie. Gelukkig het ons Oraniers wat dit raaksien, Uitwoner Oraniers wat terwyl ons binne bou aan n Volkstaat hulle ons van buite af help en ondersteun.
Hier het Pieter Horn vanaand n prys gewen tydens die afsluiting van Solidariteit en Helpende Hand – Deel van die Solidariteit Beweging se Werk en Welstand week wat in Orania aangebied is. Hulle het ons vir n hele week bederf met inligting sessies, gratis mediese toetse, praatjies, speletjies en vanaand n mooi geleentheid waar die Stadsbouer van die jaar en Werkgewer van die jaar aangekondig is.
Daar is seker by n 100 pryse aan die week se deelnemers uitgedeel en vleis geskenk aan Karoosig aftreeoord, Kieliepensie en Huppelkind Dagsorgsentrum. Bou is nie maklik nie, maar as die stad wat jy bou n sukses is dan word die pyn gou vergete. Ons sal self, maar ons sal saam hierdie stad Orania bou.

Verwante Plasings

OVR Inhuldiging

OVR Inhuldiging

OVR InhuldigingRembrandt was gekies om die banier staander vir die OVR inhuldiging te maak. Rembrandt is trots om deel van n nuwe beweging en...

Helde week

Helde week

HeldeweekvieringeHierdie week vier Rembrandt saam met die dorp Helde week. Kom deel gerus in ons vieringe en onthou die fakkel loop Saterdag middag...

Orania Karnaval 2021

Orania Karnaval 2021

Orania Karnaval 2021Trek na Vryheid. Span Rembrandt is hier om te bly en het ons n abstrakte kunswerk hierdie jaar gemaak wat n stukkie van Orania...